| Tuisblad | Troues: gay en straight | Aikona Moses! | Watter soort kerk? | GayPastoorinmyKop | Wat Die Kapel Glo | Gay Ondersteuning |
Troues: gay en straight
Gay en Heteroseksuele huwelike

Battle to find a wedding chapel for your gay/same-sex wedding/civil union ceremony?

Look no further!

Die Plaaswerf Troukerkie is a wonderful rustic farm chapel welcoming gay weddings. 

PROSEDURE TEN OPSIGTE VAN DIE BEVESTIGING VAN GAY SOWEL AS HETEROSEKSUELE HUWELIKE

 

Die Kapel kan gay huwelike sowel as heteroseksuele huwelike bevestig

 

Philip Liebenberg is die pastoor van Die Kapel

 

Philip doen heteroseksuele huwelike onder die gewone huwelikswet van 1961 en gay huwelike of Civil Union sluitings onder die Civil Union wet van 2006.

 

Die paartjie moet die huweliksbevestiger asseblief ten minste 30 dae voordie huwelik kom sien. Volg asseblief die volgende prosedure:

 

Kontak Ronelle van Zyl by secretary@thechapel.ws  vir navraag, om die troue te dagboek en vir `n afspraak met die huweliksbevestiger.

 

Bring asseblief die volgende saam vir die afspraak met die huweliksbevestiger:

Moet asseblief nie sonder enige hiervan opdaag vir die afspraak nie aangesien ondervinding ons geleer het dat dit chaos veroorsaak om toe te gee dat voornemende egpare later of selfs met die troue van die items saambring. Mense het al belowe om id foto’s na die troue toe te bring, dan vergeet hulle dit en ons sukkel vir weke om dit te kry sodat die huwelik geregistreer kan word. Alles wat ons vereis vir ons afspraak moet asseblief saamgebring word, met geen uitsonderings nie. Let wel: Geen vorms moet onderteken word nie, ons onderteken dit tydens die huwelikseremonieseremonie. Dit moet slegs ingevul word.

 

Die volgende moet in `n lêer waarop die voornemende paar se name en troudatum geskryf staan geplaas en saamgebring word vir die afspraak met die huweliksbevestiger:

 

1.    Vorm genoem “Particulars of partners/spouses” uitgedruk en voltooi.

 

2.    Wie nie `n id dokument het nie: Form A uitgedruk en voltooi, saam met afdrukke van hul paspoorte.

 

3.    Form B uitgedruk en die toepaslike gedeeltes voltooi.

 

4.    Afdrukke van hulle eie, sowel as hulle getuies se id dokumente.

 

5.    Afdrukke van hulle egskeidingsbevele.

 

6.    Brief van prokureur ter bevestiging dat hulle `n huwelikskontrak opgestel het (indien hulle wel `n kontrak opgestel het en nie in gemeenskap van goedere trou nie).

 

7.    Twee id foto’s van elke partner.

 

8.    Program van die seremonie.

 

9.    Bewys van betaling.

 

 Fooi

Ronelle sal 'n kwotasie uitwerk op grond van die logistieke sowel as spesifieke besonderhede van die seremonie.

Die fooi moet ten volle vereffen wees teen die tyd dat hierdie finale reelings getref word aangesien ons in die verlede te veel bloutjies geloop het met egpare wat op die troudag vriendelik verduidelik dat hulle skoon vergeet het om geld saam te bring. Nou, wie raas nou met twee pasgetroudes?!

Indien 'n troue kanselleer word nadat die fooi reeds betaal is sal 50% van die fooi terugbetaal word aangesien die bespreking veroorsaak het dat ander troues op die dag weggewys is.

Let wel: Indien die seremonie laat begin vra die huweliksbevestiger pro rata vir sy/haar tyd teen R200.00 per uur. Ons versoek egter vriendelik dat die seremonie stiptelik sal begin.

 

Belangrike nota oor die opsies van vanne met huwelike of civil union partnerships

Daar is drie opsies:

Egpare kan elk hul eie vanne behou.

Egpare kan hul vanne met 'n koppelteken kombineer in dieselfde of verskillende volgordes. Dit beteken: Wanneer Piet Swart en Sarel Verster trou, kan Piet voortaan Piet Swart-Verster wees en Sarel kan Sarel Verster-Swart wees. Of hulle kan albei Swart-Verster of Verster-Swart wees.

Een eggenoot kan die ander se van aanneem sodat albei dieselfde van het - soos wat vroue in die ou dae hul mans se vanne aangeneem het. Enige een van die twee partye se van kan gebruik word.

Egpare kan nie 'n ander van kies as die opsies hierbo nie. Vanne kan ook nie anders as met 'n koppelteken gekombineer word nie. Griet Gertenbach en Ina Geyer kan byvoorbeeld nie Griet en Ina Gertengeyer of Geyerbach of Bachengeyer of enige soiets word nie. :)

0828732484