PROSEDURE TEN OPSIGTE VAN DIE BEVESTIGING VAN GAY HUWELIKE:
Die Kapel het twee persone wat gemagtig is om gay huwelike te bevestig aan boord:
- Philip Liebenberg – Pastoor van Die Kapel
- Eugene-Joshua Mouton – Voorheen AGS Pastoor en tans Admin Koordineerder van Die Kapel en nie-dienende geordende pastoor by Die Kapel
Kontak secretary@thechapel.ws vir navraag. Indien een van ons huweliksbevestigers beskikbaar is om die huwelik te voltrek, sal ons sekretaresse die voornemende egpaar in kennis stel en reelings tref vir `n afspraak met die bevestiger. Die paartjie moet die huweliksbevestiger asseblief ten minste 30 dae voor die beplande huwelik kom sien. Kontak ons dus asseblief lank voor die beplande huwelik sodat daar vir almal betrokke genoeg tyd is om op gereedheidsgrondslag te kom.
Bring asseblief die volgende saam vir die afspraak met die huweliksbevestiger:
· Brief van die prokureur wat die huwelikskontrak opstel (indien daar `n kontrak is)
· 2 identiteitsfoto’s van elke party
· Afskrif van elkeen se id dokument
· Afskrifte van twee getuies se id dokumente, sowel as hulle kontaknommers
· Afskrifte van egskeidingsbevele indien voorheen getroud
· Program van die seremonie
· Kaart na die seremonie of GPSadres/koórdinate
· Bewys van betaling van fooi in Die Kapel se rekening. Die fooi moet ten volle vereffen wees teen die tyd dat hierdie finale reelings getref word aangesien ons in die verlede te veel bloutjies geloop het met egpare wat op die troudag vriendelik verduidelik dat hulle skoon vergeet het om geld saam te bring. Nou, wie raas nou met twee pasgetroudes?!
Fooi:
- Seremonie: R1000.00
- Reisfooi: R300.00 plus R200.00 vir een uur se reis heen-en weer tussen JHB en `n venue aan die buitewyke van JHB, wat neerkom op `n uur van die huweliksbevestiger se tyd
- Die wettige gedeelte van die seremonie sowel as die inhandiging van die registrasiedokumente van die huwelik by Binnelandse Sake is GRATIS. Indien `n paartjie by een van ons huweliksbevestigers in Melville aan huis wil trou, sonder enige seremonie, doen ons die huweliksbevestiging dus gratis.
- Totaal: R1500.00
Let wel: Indien die seremonie laat begin vra die huweliksbevestiger pro rata vir sy/haar tyd teen R200.00 per uur. Ons versoek egter vriendelik dat die seremonie stiptelik sal begin.