Die Kapel - Gay kerk 'n Gay kerk in Johannesburg 
 

Waarom is Die Kapel 'n gay kerk?

Jy mag wel vra.

Die Kapel bied aan gay gelowiges wat die hoofstroom kerk ons nie bied nie;`n fokus op die dinamika wat eie is aan die gay persoon se ervarings op geestelike -, sielkundige -, verhoudings- en seksuele vlak.

Solank as wat hoofstroomkerke glo dat gays selibaat moet leef om die Here te behaag, sal daar gay kerke wees. Dis jammer, maar dit is hoe dit nou nog is.

Die Kapel wil `n einde bring aan die wroeging wat gay gelowiges met die uitsprake in die Bybel beleef en hulle help om vrede met hulleself en God te maak. Dit is die eerste stap in `n gay gelowige se groei as Christen en mens.

Die volgende stap behels `n keuse om weg te breek van 'n ongesonde gay lewenstyl ten einde 'n nuwe, gesonde gay leefstyl te ontwikkel. Die Kapel wil jou help groei en jou lewe in sy vele fasette op 'n gesonde baan plaas.

Die Kapel wil jou ook blootstel aan ander gay mense wat goeie vriende vir jou kan wees.

Die Kapel wil jou blootstel aan potensiële lewensmaats wat jou nie in pyn sal dompel nie.

Die Kapel wil jou geestelik en emosioneel bystaan. Ons wil jou help om 'n nuwe pad met die Here, jouself en ander mense te stap.

Dit vra vir 'n ommekeer. 'n Bekering. Dit beteken dat jy Jesus Christus die Here van jou lewe maak. 

Ons wil graag sien dat elke gay mens sal ophou om vir die Here bang of kwaad te wees.

`n Gay lewe kan `n lewe in die Gees wees.

Leraar:

Die Kapel is in 1995 deur Philip Liebenberg gestig en hy is in 2012 steeds pastoor en leraar van die gemeente. Philip is ook outeur van "Daar's `n Gay Pastoor in My Kop", sy outobiografie wat in 2008 deur Penguin uitgegee is.  

 

  

 
 
 
 

 

 

 

Die Kapel is geleë op die hoek van 4de straat en 4de laan in Melville, Johannesburg.

 


View Die Kapel in a larger map

 

Dienste is op Sondae tussen 18:00 en 19:00


 

Die Kapel se Bank Besonderhede:

Die Kapel

FNB tjekrekening

Rekeningnommer: 620 1496 3046

Tak: Melville

Takkode:  256505